Rebel en Ratz

Ons het onlangs begin wonder oor Kurt Darren se song Rebel en Rats – wie is hierdie twee karakters van wie hy sing? Skynbaar was dit die byname van die liedjieskrywer en sy vriend uit sy kinderjare. Maar ons kon glad nie aanklank vind hierby nie – die name het vir ons geen betekenis nie. Miskien sou dit beter gewees het om te sing oor twee bekende name soos Batman en Robin, of Bonnie en Clyde (ja, ons weet hulle kom al in ‘n ander Afrikaanse song voor), of Ratman en Bobbin (ok, dis bietjie weird), maar julle kry die idee…

Dis hoe ons toe besluit het op die skuilname van ons twee skrywers: Rebel en Rats. Maar die een wat Rats moes speel, kla toe dat Rats in Engels rotte beteken, en dis nie vir haar nie. Dus het ons toe die naam verander na Ratz. Goed, nou stel ons hulle aan julle voor:

Afrikaanse Musiek: RebelRebel: Hy is ‘n willewragtag wat baie krities is oor Afrikaanse musiek, maar tog goeie musiek kan waardeer. Hy hou daarvan om met wetenskap te eksperimenteer en toe hy so 14 jaar oud was, het hy sy ouers se buitekamer opgeblaas met so ‘n projek van hom. Hy sê hy het niks oorgekom nie, maar kan glad nie onthou wat presies gebeur het nie as gevolg van die hou wat hy teen sy kop ontvang het. Ons is nie so seker daaroor nie (dat hy niks oorgekom het nie)… Hy sê hy kan sewe musiekinstrumente bespeel, maar ons weet net van twee: die radio en die fool.

 

 

Afrikaanse Musiek: RatzRatz: Sy is ‘n wannabee rock chick (in Afrikaanse musiek), maar is eintlik baie skaam en wil nie erken dat sy ‘n nerd is nie (dis ‘n baie teer sakie daardie).  Haar grooste claim to fame is dat sy derde gekom het in die 2010 Suid-Afrikaanse Air Guitar kampioenskappe. Sy is egter meer redelik in haar sienings oor die gehalte van Afrikaanse musiek as Rebel. Sy wil graag ‘n biker chick ook wees, maar is baie bang om op bikes te ry… dus trek sy maar net so aan (asof sy een is.) Indien julle nog nie agtergekom het nie – sy kan die lugkitaar bespeel.

 

Ons gaan hulle twee binnekort aan die woord stel. Laat die debat begin!

Kommentaar is gesluit.