Privaatheid

AfrikaanseMusiek.net het baie respek vir die bekommernisse rakende privaatheid van die besoekers aan sy webblaaie op die internet. As algemene beleid word geen persoonlike inligting outomaties versamel van die besoekers aan hierdie webwerf nie. Daar word egter sekere nie-persoonlike inligting van besoekers aangeteken tydens die normale werking van AfrikaanseMusiek.net se internet bedieners. Hierdie inligting word hoofsaaklik gebruik om ‘n gevorderde aanlyn-ervaring aan die besoeker te verskaf. Die soort inligting wat nagespoor word, sluit in die soort webblaaier wat deur die besoeker gebruik word (bv. Netscape, Internet Explorer, Firefox, Opera, Safari), die aard van die bedryfstelsel wat deur die besoeker gebruik word (bv. Macintosh, Windows) en die domeinnaam van die besoeker se internet-diensverskaffer.

Deurdat hierdie inligting beskikbaar is, kan webblaaie vir wat vir ‘n spesifieke besoeker se rekenaar geoptimeer is, outomaties aan daardie besoeker beskikbaar gestel word. Ander gebruike van hierdie inligting kan die volgende insluit: interne rapportering van die aantal besoekers aan hierdie webwerf, maar net in ‘n globale en nie in ‘n persoonlik identifiseerbare vorm nie. Ons sal nooit jou e-pos adres aan derde partye bekend maak of verkoop nie. Ons gebruik dit slegs as ‘n middel van kommunikasie met jou. Jou e-posadres kan ook dien as jou metode van aanteken by die webwerf.

E-pos adresse en ander persoonlike inligting oor die besoekers aan hierdie webwerf word aan AfrikaanseMusiek.net bekend slegs wanneer dit vrywillig ingedien word deur die gebruikers. AfrikaanseMusiek.net sal slegs persoonlik identifiseerbare inligting gebruik wat op op hierdie webwerf verskaf is vir die doeleindes soos beskryf ten tyde van die versameling daarvan (byvoorbeeld, die e-posadresse wat besoekers verskaf om e-pos kennisgewings te ontvang, sal slegs vir daardie doel gebruik word, nl. die stuur hierdie e-pos kennisgewings).

Ander AfrikaanseMusiek.net webwerwe, sowel as enige ander derde-party webwerwe wat skakel vanaf hierdie webwerf, kan elk beskik oor verskillende privaatheidsbeleide en praktyke. Jy moet noukeurig hierdie ander webtuistes se privaatheidsbeleide ondersoek ten einde te bepaal hoe elke webwerf enige persoonlike inligting wat jy verskaf, kan gebruik.