Lianie May

Lianie MayLianie May is bekend vir haar goue stem en borrelende verhoog-persoonlikheid. Haar eerste enkelspeler “Jy Soen My Nie Meer Nie” het die hoogtes ingeskiet op trefferlyste landswyd en is opgevolg deur ander blitstreffers soos “Pretoria” en “Toe Stop My Hart” (opgeneem saam met Jay van die pop groep Eden).

Daar word gesê dat haar musiek baie klink baie soos dié van Dolly Parton en Shania Twain. Lianie is gebore as Lianie Oosthuizen op 2 Augustus 1976 in Vereeniging, en sy het in Oranjeville grootgeword. Sy matrikuleer in 1994 aan die Afrikaans Hoërskool Sasolburg.

Lianie is deur Johan Vorster en Sean Else van Eden- en De La Rey-faam ontdek toe sy na ‘n optrede van Eden in Oranjeville vir hulle ‘n oudisie in die kleedkamer gedoen het. Hulle het haar genader om by hulle maatskappy, Mozi-rekords, aan te sluit, waarna Lianie se debuut-CD in 2007 verskyn het.

In 2011 het Lianie May en Jay ‘n duet-produksie op die been gebring wat treffers soos “Toe Stop My Hart” en “In a Moment Like This” bevat.

Lianie May het die volgende CDs/DVDs vrygestel:

Kommentaar is gesluit.